TSK

TSK · Daniel 3:13

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.

Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul.

Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.

Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring.

En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot 'n getuienis vir hulle en vir die heidene.

Luke 6:11 TSK

En hulle is met uitsinnigheid vervul en het met mekaar gepraat wat hulle aan Jesus sou doen.

Acts 5:25 TSK

En daar kom een en bring aan hulle berig en sê: Kyk, die manne wat julle in die gevangenis gesit het, staan in die tempel en leer die volk.