Genesis 35:17
TSK
En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u.
En Bátseba het met die aangesig na die aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my heer die koning Dawid vir ewig lewe!
Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde--net troubreuk bly oor!
Daarop het hulle met koning Nebukadnésar gespreek en gesê: Mag die koning vir ewig lewe!
En toe hy nader kom na die kuil, het hy met 'n droewige stem na Daniël geroep; die koning het gespreek en aan Daniël gesê: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos?