TSK

TSK · Deuteronomy 10:18

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Hy wat aan die gode offer, behalwe aan die HERE alleen, moet met die banvloek getref word.

Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie.

En as jy met ons saamtrek, sal ons daardie goeie wat die HERE aan ons sal doen, ook aan jou doen.

Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.

Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.

Laat jou wese agterbly, en Ék sal hulle in die lewe hou, en laat jou weduwees op My vertrou.

sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.