TSK

TSK · Deuteronomy 11:21

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou vir altyd sal gee.

dat jy die HERE jou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou--jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.

Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.

En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.

In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;

Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.

Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.