TSK

TSK · Deuteronomy 17:18

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En toe Moses die woorde van hierdie wet klaar in 'n boek geskryf het tot die einde toe,

en onderhou die ordening van die HERE jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe;

Toe sê die hoëpriester Hilkía vir Safan, die skrywer: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind; en Hilkía het die boek aan Safan gegee, en hy het dit gelees.