TSK

TSK · Deuteronomy 26:13

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

dan moet die Leviet kom--omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie--en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.

As jy al die tiendes van jou opbrings klaar afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word.

Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.

'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.

Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.

Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.

Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.

Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense 'n rein gewete te hê.

Die God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, weet dat ek nie lieg nie.

Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?