TSK

TSK · Deuteronomy 28:62

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Die HERE julle God het julle vermenigvuldig; en kyk, julle is vandag soos die sterre van die hemel in menigte.

En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en 'n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe.

Voorwaar, hy het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tien duisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.

En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.

As die HERE van die leërskare vir ons nie 'n klein oorblyfsel oorgelaat het nie--soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.

En as nog 'n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom--as hulle omgekap word--'n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.

en aan die profeet Jeremia gesê: Laat ons smeking tog voor u kom en bid tot die HERE u God vir ons, vir hierdie hele oorblyfsel--want ons het as 'n klein klompie uit baie oorgebly, soos u oë ons sien--

Amos 5:3 TSK

Want so sê die Here HERE: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.

En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;