TSK

TSK · Deuteronomy 29:23

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Bisra, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.

Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.

En hierdie huis wat so hoog is--elkeen wat daarlangs verbygaan, sal hom verbaas en spot, en hulle sal vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?

Job 18:15 TSK

Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.

En sy strome sal in pik verander word en sy stof in swawel, en sy land sal brandende pik word.

En hy sal wees soos 'n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land.

Die moerasse en kuile daarvan--húlle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem.

Amos 4:11 TSK

Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos 'n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word?

En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.