Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
TSK
TSK · Deuteronomy 33:20
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moses, die kneg van die HERE, dit aan hulle gegee het:
En Moses het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle geslagte;
Van die seuns van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, naamlik van die helde, manne wat skild en swaard dra en die boog span en ervare is in die oorlog, was daar vier en veertig duisend sewe honderd en sestig wat op kommando moes uittrek.
Eser, die hoof, Obádja, die tweede, Elíab, die derde;
Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die HERE was my steun.
Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.