Noen. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.
TSK
TSK · Ecclesiastes 2:13
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:
Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.
Wysheid is net so goed as 'n erfdeel en 'n voordeel vir die wat die son sien.
Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.
Verder, soet is die lig, en goed is dit vir die oë om die son te aanskou.
Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here--wandel soos kinders van die lig.