TSK

TSK · Ecclesiastes 7:26

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?

En sy het hom op haar skoot aan die slaap gemaak en 'n man geroep en die sewe haarvlegsels van sy hoof afgeskeer. En sy het begin om hom te bedwing, en sy krag het van hom gewyk.

want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;

want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,

Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.

Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val.

Sy lê ook en loer soos 'n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.