TSK

TSK · Esther 3:5

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaars aan haar oorgebring. Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam.

En op dié dag het Haman bly en opgeruimd heengegaan; maar toe Haman Mórdegai in die poort van die koning sien en dat hy nie opstaan of vir hom bevrees is nie, was Haman met woede vervul teen Mórdegai.

Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.

Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.

Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.