TSK

TSK · Exodus 14:29

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En die kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter-- en aan hul linkerkant.

Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die HERE het die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.

Toe neem Elía sy mantel en rol dit op en slaan op die water; en dit is na weerskante verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het.

Job 38:8 TSK

En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?

Maar Hy het sy volk laat wegtrek soos skape en hulle gelei soos 'n kudde in die woestyn.

Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere--hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?