TSK

TSK · Exodus 15:1

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Ek, kyk, Ek sal die hart van die Egiptenaars verhard, sodat hulle agter hulle aan gaan. En Ek wil My verheerlik aan Farao en sy hele leërmag, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.

En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see gestort.

Nou weet ek dat die HERE groter is as al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.

Op dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê:

Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.

Toe het hulle aan sy woorde geglo, hulle het sy lof gesing.

Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

En in dié dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.

Verder sluit Ek in dié dag vir hulle 'n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hulle in veiligheid laat rus.

En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!