TSK

TSK · Exodus 17:8

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit is Kades, gekom en die hele land van die Amalekiete verower en ook die Amoriete wat in Háseson-Tamar woon.

die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Amalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada.

Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Amalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.

hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat was, en hy God nie gevrees het nie.

En hy het hom dapper gedra: hy het Amalek verslaan en Israel gered uit die hand van sy berower.

En toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag aankom, het die Amalekiete 'n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en hulle het Siklag verslaan en dit met vuur verbrand.