TSK

TSK · Exodus 20:14

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.

Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand se vrou afwyk en 'n troubreuk teen hom begaan,

Daarop stuur Dawid boodskappers en laat haar haal. En toe sy by hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad, terwyl sy haar juis van haar onreinheid gereinig het. Daarna het sy na haar huis teruggegaan.

van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;

kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.

En aan hulle sal 'n vloek ontleen word by al die ballinge van Juda wat in Babel is, deurdat gesê word: Mag die HERE jou maak soos Sedekía en soos Agab, wat die koning van Babel in die vuur gebraai het! --

Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.

En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;

Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.

Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.