TSK

TSK · Exodus 22:4

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

As iemand 'n bees of 'n stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir 'n bees vergoed en vier stuks kleinvee vir 'n stuk kleinvee.

By alle sake van ontvreemding, of dit gaan oor 'n bees, oor 'n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is, waarvan iemand sê: Dit is myne! --moet die saak van altwee voor die owerhede kom; die een wat die owerhede skuldig verklaar, moet aan sy naaste dubbel vergoeding gee.

en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.

Daarom sal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle sonde dubbel vergelde, omdat hulle my land ontheilig het met die lyke van hulle verfoeisels en my erfenis gevul het met hulle gruwels.