TSK

TSK · Exodus 23:15

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word.

Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle deur 'n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.

Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van die HERE.

Maar die eersteling van 'n esel moet jy met 'n lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor my aangesig verskyn nie.

en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.

dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou.

Onderhou die maand Abib en hou pasga vir die HERE jou God; want in die maand Abib het die HERE jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.

Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo.

Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

En op die eerste dag van die ongesuurde brode, wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het, sê sy dissipels vir Hom: Waar wil U hê moet ons gaan klaarmaak, dat U die pasga kan eet?

Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees--soos julle inderdaad ongesuurd is--want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.