TSK

TSK · Exodus 32:3

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.

Die ambagsman giet 'n beeld, en die goudsmid trek dit oor met goud en smelt silwerkettings.

Silwer wat plat geslaan is, word uit Tarsis gebring en goud uit Ufas, die werk van die ambagsman en van die hande van die goudsmid; pers en purperrooi is hulle klere; 'n werk van kunstenaars is hulle almal.