TSK

TSK · Exodus 36:8

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel.

En die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk moet jy dit maak.

En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het:

Verder het hy in die binneste vertrek twee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog.

Ook het hy in die Allerheiligste Vertrek twee gérubs gemaak, 'n werk van beeldhoukuns, en dit met goud oorgetrek.

Daarna het ek gekyk--en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die gérubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword.