TSK

TSK · Exodus 6:16

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En die dae van Isak was honderd en tagtig jaar.

En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

En Josef het gesterwe, honderd en tien jaar oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in 'n kis gesit in Egipte.

En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en Sigri.

En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte: Libni en Símeï.

En die seuns van Merári volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.

En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem,

Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede;

En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes;