Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.
TSK
TSK · Ezekiel 39:6
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
en al die konings van Tirus en al die konings van Sidon en al die konings van die kusland wat oorkant die see is;
En Ek sal 'n vuur werp in Egipte: Sin sal bewe van angs, en No sal oopgebreek word, en Nof--vyande oordag!
en sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie;
Ja, in my ywer spreek Ek, in die vuur van my grimmigheid: Waarlik, in dié dag sal daar 'n groot aardbewing wees in die land van Israel,
Daarom sal Ek 'n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.
Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.