TSK

TSK · Ezra 10:19

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE, moet hy as boete aan die HERE bring 'n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as 'n skuldoffer.

En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan die HERE 'n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.

En al die owerstes en die helde en selfs al die seuns van koning Dawid het hulle aan koning Salomo onderwerp.

Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.