TSK

TSK · Ezra 2:63

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.

Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.

En as die offer wat hy bring, 'n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.

Waarom het julle die sondoffer nie op 'n heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE.

Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. 'n Bywoner van 'n priester en 'n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.

En as iemand by vergissing iets eet wat heilig is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en só wat heilig is, aan die priester teruggee.

Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Dit is 'n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.

En hy moet voor die priester Eleásar staan, dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die aangesig van die HERE; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.

En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie--nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.

En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit verklaar, sodat hulle verstaan het wat voorgelees is.