En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear.
TSK
TSK · Genesis 14:1
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.
'n Harde gesig is my te kenne gegee: Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes. Trek op, Elam! Beleër, Médië! Aan alle gesug maak Ek 'n einde.
Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered--Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Telássar was?
Die woord van die HERE wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, naamlik:
En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met 'n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.