Judges 19:17
TSK
En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u vandaan?
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u vandaan?
En Dawid sê vir Uría: Gaan af na jou huis en was jou voete. En toe Uría uit die paleis uitgaan, het 'n geskenk van die koning hom gevolg.
Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.
En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.