Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.
TSK
TSK · Genesis 3:12
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot 'n vrou en bring haar na die mens.
En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit gebring, want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan die HERE u God te offer; maar die ander het ons met die banvloek getref.
Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan die HERE u God in Gilgal te offer.
'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.
Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?
Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.