TSK

TSK · Genesis 45:8

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Verder het Farao vir Josef gesê: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.

Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.

En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,

Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed;

Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.