TSK

TSK · Genesis 48:10

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En hy het nader gekom en hom gesoen. Toe ruik hy die geur van sy klere, en hy seën hom en sê: Kyk, die geur van my seun is soos die geur van die veld wat die HERE geseën het.

En hy het al sy broers gesoen en aan hulle hals geween; en daarna het sy broers met hom gespreek.

(Eli was agt en negentig jaar oud, en sy oë het styf gestaan, sodat hy nie kon sien nie.)

Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.