TSK

TSK · Genesis 49:23

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie.

en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie.

Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.

Steek my weg vir die raad van die kwaaddoeners, vir die gewoel van die werkers van ongeregtigheid;

Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.