TSK

TSK · Genesis 49:4

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het--Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.

En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie--na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.

Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne 'n aantal wees.

'n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.

met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het 'n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.