TSK

TSK · Hosea 11:6

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En Ek sal julle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.

En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat die HERE jou God jou gegee het.

Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.

Hy het hulle baiekeer gered; maar húlle was wederstrewig in hulle voorneme. So het hulle dan weggesink deur hul ongeregtigheid.

Want voor die oes, as die bloeisel volgroeid is en die blom 'n ryp druiwekorrel word, sal Hy die ranke afsny met snoeimesse en die lote wegkap;

Wee die opstandige kinders, spreek die HERE, wat 'n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat 'n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel;

Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout--die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?

Hy sal ook self na Assur weggevoer word as 'n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit.

Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.