TSK

TSK · Hosea 5:14

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou 'n helper is.

Job 10:7 TSK

ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?

HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;

Hulle gebrul is soos dié van 'n leeuin, hulle brul soos jong leeus en maak gedreun en gryp die prooi en sleep weg sonder dat iemand red.

So besoek Ek dan aan haar die dae van die Baäls toe sy vir hulle offerrook laat opgaan het en haar met haar neusring en haar halssierade versier en haar minnaars agternageloop het; maar My het sy vergeet, spreek die HERE.

Toe het Ek vir hulle soos 'n leeu geword, soos 'n luiperd lê Ek by die pad en loer.

Amos 3:4 TSK

Sal 'n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal 'n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?