TSK

TSK · Hosea 9:6

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

Voorwaar, hy het vir Jóahas geen manskappe laat oorbly nie, as net vyftig perderuiters en tien strydwaens en tien duisend voetgangers; want die koning van Aram het hulle omgebring en hulle gemaak soos stof as gedors word.

en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.

En in dié dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees.

Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.

vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad.

Ook skeer die kinders van Nof en Tágpanhes jou die hoofskedel kaal.

En Ek sal die oorblyfsel van Juda wegneem, wat hulle aangesig gerig het om na Egipteland te trek, om daar as vreemdelinge te vertoef; en hulle sal almal in Egipteland omkom. Deur die swaard sal hulle val, deur die hongersnood sal hulle verteer word, groot sowel as klein; deur die swaard en die hongersnood sal hulle sterwe; en hulle sal 'n voorwerp van verwensing, van verbasing en van vervloeking en smaad word.

Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! Ék tog wou hulle verlos, maar húlle het leuens teen My gespreek.

Slagoffers, My aangebied, offer hulle--vleis is dit, en hulle eet; die HERE het geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen; hulle sal teruggaan na Egipte.

En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons!

En Ek sal hulle terugbring uit Egipteland en uit Assur hulle vergader en hulle na die land Gílead en die Líbanon bring; maar dit sal vir hulle nie voldoende wees nie.