TSK

TSK · Isaiah 36:17

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na 'n goeie en wye land, na 'n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

'n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.

Maar in die vierde jaar van koning Hiskía--dit was die sewende jaar van Hoséa, die seun van Ela, die koning van Israel--het Salmanéser, die koning van Assirië, teen Samaría opgetrek en dit beleër;

En toe Nebukadnésar, die koning van Babel, by die stad kom, terwyl sy dienaars dit beleër,

Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.