TSK

TSK · Isaiah 38:20

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.

Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper!

Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.

Ek sal U 'n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.

Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.

Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.

Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.