TSK

TSK · Isaiah 40:26

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.

Job 31:26 TSK

as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,

Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.

Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte.

Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!

So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel:

wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.

so moet julle vir hulle sê: Die gode wat die hemel en die aarde nie gemaak het nie, sal vergaan van die aarde af en onder hierdie hemel uit--

want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte--alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.