TSK

TSK · Isaiah 49:11

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.

En daar sal 'n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het.

'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!

En hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk.

Luke 3:4 TSK

soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.