En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die HERE sy God.
TSK
TSK · Isaiah 50:10
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
en hulle het hulp gekry teen hulle, en die Hagareners is in hulle hand oorgegee, en almal wat met hulle saam was; want hulle het God aangeroep in die oorlog, en Hy het hulle verhoor, omdat hulle op Hom vertrou het.
Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het Jósafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.
Kyk, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.
Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.
Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
En ek sal wag op die HERE, wat sy aangesig verberg vir die huis van Jakob, en op Hom hoop.
U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My 'n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;
Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
My het Hy gelei en laat wandel in duisternis sonder lig.
Maar ek sal uitsien na die HERE, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.
Die HERE is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer.
Ek het as 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.
en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword