TSK

TSK · Isaiah 54:16

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Kan die byl hom beroem teen die wat daarmee kap, of die saag spog teen hom wat dit trek? Asof 'n staf húlle swaai wat hom ophef, asof 'n stok hóm ophef wat nie hout is nie!

wat 'n roofvoël roep uit die Ooste, die man van my raad uit 'n ver land; soos Ek dit gespreek het, sal Ek dit ook laat kom; Ek het dit voorberei, Ek sal dit ook doen.

En ek het my oë opgehef en gekyk--daar was 'n man met 'n meetsnoer in sy hand.

Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.