TSK

TSK · James 5:9

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie--die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.

En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

Mark 6:19 TSK

En Heródias het 'n oog op hom gehad en wou hom om die lewe bring en sy kon nie.

Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.

Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.

Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.

Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.