Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
TSK
TSK · Jeremiah 13:18
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
En hy het Jójagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan.
En sy gebed en hoe hy verhoor is en al sy sonde en sy ontrou en die plekke waar hy hoogtes gebou en die heilige boomstamme en gesnede beelde opgerig het voor sy verootmoediging, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van Hósai.
En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.
So waar as Ek leef, spreek die HERE, al was Gonja, die seun van Jójakim, koning van Juda, 'n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk,
Jod. Die oudstes van die dogter van Sion sit en swyg op die grond, hulle het stof op hul hoof gegooi, rouklere aangegord; die jonkvroue van Jerusalem het hulle hoof na die aarde gebuig.
En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit.
Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.