TSK

TSK · Jeremiah 22:3

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie.

Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.

Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens 'n regverdige regspraak.

As iemand betrap word wat 'n persoon uit sy broers, uit die kinders van Israel, steel en hom hard behandel en hom verkoop, dan moet dié dief sterwe. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

As daar tussen manne 'n twis is en hulle na die gereg kom en die regters hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en die skuldige skuldig verklaar,

Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: 'n Heerser oor mense, 'n regverdige, 'n heerser in die vrees van God,

Job 22:9 TSK

Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.

Job 29:7 TSK

Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,

Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.

Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese

trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,

En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.

Hulle het vet, hulle het glad geword; selfs gaan hulle oor die maat van boosheid heen. Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie, dat hulle voorspoed kan hê; ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie.

vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie--

o huis van Dawid! So spreek die HERE: Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos 'n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van die HERE onse God.

en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met 'n kleed toedek;

Joel 3:19 TSK

Egipte sal 'n woesteny word, en Edom 'n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.

Sy hoofde spreek vonnisse uit vir 'n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!

So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.

Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.