Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke,
TSK
TSK · Jeremiah 27:2
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
in dié tyd het die HERE deur die diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop.
Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor.
Edom en Moab en die kinders van Ammon;
Daarop het die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en dit verbreek.
En jy, mensekind, neem vir jou 'n baksteen en sit dit voor jou neer, en teken daarop 'n stad, naamlik Jerusalem;
Maar jy, mensekind, maak vir jou toebereidsels om in ballingskap te gaan, en gaan oordag in ballingskap voor hulle oë; vertrek soos 'n balling voor hulle oë, van jou woonplek af na 'n ander plek toe--miskien sal hulle dit sien, want hulle is 'n wederstrewige huis.
Dit het die Here HERE my laat sien--kyk, Hy het sprinkane geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die na-gras nadat die snysels van die koning af was.