En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen wat die HERE deur die diens van Moses beveel het.
TSK
TSK · Jeremiah 37:2
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
en Hy het hom deur Natan, die profeet, Jedídja laat noem, ter wille van die HERE.
Ook het die woord van die HERE deur die diens van Jehu, die seun van Hanáni, die profeet, gekom teen Baésa en teen sy huis, nie alleen oor al die kwaad wat hy in die oë van die HERE gedoen het, deur Hom te terg met sy handewerk om soos die huis van Jeróbeam te wees nie, maar ook omdat hy hom verslaan het.
Een en twintig jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer.
Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas.
En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening--
Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.