Job 5:19
TSK
In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
En Ek sal jou red uit die hand van die goddelose mense en jou verlos uit die vuis van die tiranne.
Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het, nadat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Rama deur hom te laat haal, terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel toe.
En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maar dat hy verligting moes hê, en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.