TSK

TSK · Jeremiah 46:21

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop--jy het vet geword, dik geword, spekvet geword--en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.

Want die HERE het die leër van die Arameërs 'n gedruis van waens en 'n gedruis van perde, 'n gedruis van 'n groot leërmag laat hoor, sodat hulle die een vir die ander gesê het: Kyk, die koning van Israel het die konings van die Hetiete en die konings van die Egiptenaars teen ons gehuur om ons te oorval.

Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.

Dan val die buffels saam met hulle, en die jong stiere saam met die stiere; en hulle land word dronk van bloed, en hulle stof versadig van vet.

Waarom sien ek--hulle is verslae, hulle wyk agteruit? Ja, hulle helde is verslaan en vlug al verder sonder om om te draai. Daar is skrik rondom, spreek die HERE.

Waarom is jou ruitery neergewerp? Dit het nie bly staan nie, omdat die HERE dit omgestoot het.

Al is julle verheug, al jubel julle, plunderaars van my erfenis, al huppel julle soos 'n vers wat graan dors, en runnik julle soos die hingste--

Perse en Ludiete en Putéërs was in jou leër, jou krygsmanne; skild en helm het hulle in jou opgehang; hulle het aan jou glans gegee.

Omdat jy 'n ewige vyandskap koester en die kinders van Israel in die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle onheil, in die tyd van uiteindelike afrekening,

Amos 6:4 TSK

Wat op bedde van ivoor lê en uitgestrek lê op hulle rusbanke en die lammers van die kleinvee en die kalwers uit die stal eet!

Micah 7:4 TSK

Die beste van hulle is soos 'n doringstruik, die mees opregte erger as 'n doringheining. Die dag van jou wagte, jou besoeking, kom; nou sal hulle verwarring daar wees.