TSK

TSK · Jeremiah 48:32

Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.

Terug na leesstuk

Daarna het Moses gestuur om Jaéser te bespied, en hulle het sy onderhorige plekke ingeneem, en hy het die Amoriete wat daar was, uit hulle besitting verdrywe.

Atarot en Dibon en Jaéser en Nimra en Hesbon en Eleále en Sebam en Nebo en Behon--

en Nebo en Baäl-Meon--met verandering van die name--en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou het, name gegee.

Hesbon met sy weiveld, Jaéser met sy weiveld: alles saam vier stede.

En ek self, kyk, ek woon in Mispa om voor die Chaldeërs te staan wat na ons sal kom. Samel julle dan wyn en somervrugte en olie in en gooi dit in julle bakke, en woon in julle stede wat julle in besit kan neem.

Moab is verwoes, en hulle het opgegaan in sy stede, en sy beste jongmanne het afgegaan om geslag te word, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare.