Hulle het verderflik teen Hom gehandel--die wat sy seuns nie was nie, maar hulle skandvlek--'n verkeerde en verdraaide geslag.
TSK
TSK · Jeremiah 7:29
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval
Hulle word genoem: Verworpe silwer; want die HERE het hulle verwerp.
So sê die HERE van die leërskare: Let op, en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom;
Groot sowel as klein sal sterwe in hierdie land; hulle sal nie begrawe word nie, en niemand sal hulle beklaag en homself stukkend kerwe of vir hom 'n kaal plek skeer om hulle ontwil nie.
Want al die hoofde is kaal en al die baarde is afgeskeer; op al die hande is snye en om die heupe is 'n roukleed.
Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.
En ek het die drie herders in een maand vernietig. Toe het my siel ongeduldig geword oor hulle, terwyl hulle siel ook van my afkerig geword het.
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: 'n Slegte en owerspelige geslag soek na 'n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.
Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.