Job 9:24
TSK
Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
TSK
Treasury of Scripture Knowledge references in Afrikaans.
Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.
'n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;
Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
Soos 'n hok vol voëls, so is hulle huise vol bedrog; daarom het hulle groot en ryk geword.
Dan gly hy verby, 'n wind, en trek verder--maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.